On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Man kry borgtog ná kroegdood in Klerksdorp

───   HEIDRÈ MALGAS 17:20 Tue, 06 Dec 2022

Man kry borgtog ná kroegdood in Klerksdorp  | News Article
Wayne van Zyl. FOTO: Facebook

Die 23-jarige Wayne van Zyl van Klerksdorp, wat dood is nadat hy glo by 'n kroeg aangerand is, se beweerde moordenaar het homself 'n week later aan die polisie oorhandig.

Volgens Amanda Funani, woordvoerder vir die polisie in die Noordwes, het die 33-jarige Frikkie Jansen van Rensburg op 1 Desember 2022 in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

Borgtog van R3000 is aan hom toegestaan. Die saak is tot 10 Maart 2023 uitgestel vir verdere ondersoek.

Van Zyl is na bewering buite ‘n kuierplek in Klerksdorp aangerand en op die toneel dood verklaar.

LEES OOK: Klerksdorp-man (23) dood weens breinbloeding

OFM-nuus het vroeër berig dat die nadoodse ondersoek bepaal het dat 'n aar in sy nek beskadig is en hy gevolglik bloeding op die brein opgedoen het.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.