On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Noord- en Wes-Kaap span saam in ontwikkeling van groenwaterstof

───   17:59 Tue, 29 Nov 2022

Noord- en Wes-Kaap span saam in ontwikkeling van groenwaterstof | News Article
Die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, en die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, tydens die ondertekening van die groenwaterstof-samewerkingsooreenkoms. FOTO: Green Hydrogen Summit

Die provinsiale regerings van die Noord- en Wes-Kaap het ’n samewerkingsooreenkoms onderteken om ’n groenwaterstof-korridor in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te vestig.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, het in die aanloop tot Suid-Afrika se eerste Groenwaterstof-beraad in Kaapstad 'n ooreenkoms om groenwaterstof-korridor te vestig, onderteken.

Groenwaterstof word geskep wanneer water in suurstof en waterstof (aardgas) verdeel word, met behulp van wind- of sonenergie. Groenwaterstof kan fossielbrandstowwe vervang.

Die Noord-Kaap se Lid van die Uitvoerende Raad vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Abraham Vosloo, vergesel deur senior amptenare van die Noord-Kaapse wetgewer en sakelui, het ook die Groenwaterstof-beraad bygewoon.

Vosloo sê die Noord-Kaap is een van die min plekke in die land en op die kontinent wat hernubare energieprojekte met gemak kan huisves.

LEES OOK: Saul se oorsese besoek kom tot ’n einde

Groenwaterstof-ontwikkelingsprojekte word by Prieska in die Siyathemba-munisipale gebied asook Boegoebaai in die Richtersveld-munisipale gebied ontwikkel.  

Vosloo sê verder dat 64% van die land se hernubare energieprojekte in die Noord-Kaap geleë is. “In Namakwaland by Boegoebaai, tussen Alexanderbaai en Port Nolloth, werk die regering saam met Sasol om groenwaterstof-projekte te ontwikkel. Die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Namibië het reeds aansienlike beleggings gemaak om groenwaterstof-aanlegte te bou.”

Groenwaterstof maak gebruik van hernubare energie soos wind- en sonkrag wat in energie-intensiewe nywerhede soos ystersmelterye ingespan kan word.

ALSO READ: Northern Cape’s proposed green hydrogen hub to create 6000 jobs

Vosloo sê die jeug van die Noord-Kaap kan gerus belangstelling toon in hernubare energieprojekte wat duisende werksgeleenthede kan skep en die ekonomie ? hupstoot sal gee.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê “die projek sal buitelandse beleggings verseker en ekonomiese groei en werk genereer.

“Daar moet 'n gevoel van dringendheid vir hierdie projek wees, gegewe die erns van die dubbele uitdagings - klimaatsverandering en die energiekrisis - wat ons in die gesig staar,” het Winde bygevoeg.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.