Central SA
Klerksdorp-man (23) dood weens breinbloeding─── HEIDRÈ MALGAS 15:26 Tue, 29 Nov 2022
Die jong man van Klerksdorp, Wayne van Zyl, wat Sondagoggend by ‘n kroeg aangerand is, is dood weens bloeding op die brein.
Volgens polisiewoordvoerder, Aafje Botma, is in die lykskouing bevind dat hy bloeding op die brein gehad het, glo weens skade aan ‘n aar in sy nek.
OFM-nuus het vroeër berig dat die 23-jarige Van Zyl na bewering by ‘n kuierplek in Klerksdorp aangerand en daarna dood is.
LEES OOK: Jong man dood ná aanranding in kroeg
“Die polisie neem nog verklarings af. Inhegtenisnames sal moontlik later die week gedoen word,” het sy gesê.
Sy het ook bygevoeg dat daar wel ‘n verdagte geïdentifiseer is.