On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Pastoriebaba se predikant-voorgeslagte strek presies 100 jaar terug

───   06:00 Sun, 27 Nov 2022

Pastoriebaba se predikant-voorgeslagte strek presies 100 jaar terug | News Article
Op Sondag 26 Januarie 2020 het dr. Gerard Meijer (naasregs) sy seun Dirk (naaslinks) in dié se eerste gemeente, GK Bloemburg (Langenhovenpark, Bloemfontein), bevestig. Dr. Meijer se ander predikantseun, ds. Gerben Meijer (GK Waterkloofrand), staan regs en ds. Dirk se skoonpa, ds. Gerrit Kruger (GK Centurion), links.

“Dit sal inderdaad besonders wees as hy ook ’n predikant word, maar net so besonders as hy enigiets anders word. Daar is darem nie net predikante in my familie nie!”

’n Dominee van Bloemfontein wie se pa, oupa en oupagrootjie almal ook predikant geword het, sê hy het kort ná sy seuntjie se geboorte Donderdag 24 November 2022 met hom in sy arms gesit en gewonder wat lê nog alles vir die mannetjie voor.


“Tog is daar daarin ook ’n mooi om nie te weet nie, om daarin te erken dis die Here wat dit bepaal en die Here wat die paaie lei en roep waarvoor Hy roep en vir hom sy gawes gee,” vertel ds. Dirk Meijer van die Gereformeerde Kerk Bloemburg in Langenhovenpark, Bloemfontein, van sy en sy vrou, Hanneke, se pasgebore babaseuntjie.

Op 25 Januarie 2020 is prop. Dirk Meijer deur sy pa, dr. Gerard Meijer, in die Gereformeerde Kerk Bloemburg bevestig. Die foto van hom en sy vrou, Hanneke, is op daardie dag geneem. Dirk se pa, oupa en oupagrootjie het almal ook predikante geword.

Op 25 Januarie 2020 is prop. Dirk Meijer deur sy pa, dr. Gerard Meijer, in die Gereformeerde Kerk Bloemburg bevestig. Die foto van hom en sy vrou, Hanneke, is op daardie dag geneem. Dirk se pa, oupa en oupagrootjie het almal ook predikante geword.

Klein Gerard Johan Meijer is trouens tot op die dag 85 jaar ná sy pa se oupa gebore wat nié ’n predikant geword het nie. Hy was ’n staalwerker. “So wie weet,” gesels sy pa. “Miskien word hy ’n staalwerker, of ’n predikant, of ’n onderwyser (daar is van hulle ook aan sy ma se kant van die familie), of ’n ingenieur of ’n dokter.

“Noem maar op, ek is maar bly as hierdie kind die Here dien met die mooi gawes wat hy ontvang, met groot dankbaarheid en met ’n groot vooruitsig om te sien hoe die Here die paaie daarnatoe lei.”


Ds. Dirk vertel hy en sy vrou, Hanneke, sien baie uit na hul eersteling se doop. “Dit gaan bedien word deur my pa.” Die baba is ook dié oupa van hom se naamgenoot. “So dit is besonders.

“Ja, en daar sal seker dan in een diens nogal ’n paar predikante bymekaar sit!” Die dopeling se oom is ds. Gerben Meijer van die Gereformeerde Kerk Waterkloofrand, sy oupa aan vaderskant is dr. Gerard Meijer van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot en sy oupa aan moederskant ds. Gerrit Kruger van die Gereformeerde Kerk Centurion, almal in Pretoria.

Ds. Gerben Meijer en sy vrou, Anne, tydens sy bevestiging in GK Waterkloofrand (Pretoria) tydens sy bevestiging op Saterdag 18 Januarie 2020. Hul derde kind, Levi, is 10 maande later gebore.

Ds. Gerben Meijer en sy vrou, Anne, tydens sy bevestiging in die Gereformeerde Kerk Waterkloofrand (Pretoria) tydens sy bevestiging op Saterdag 18 Januarie 2020. Hul derde kind, Levi, is 10 maande later gebore.

“Maar ons is dankbaar dat daar in die gemeente, in die gemeenskap van die gelowiges almal daar bymekaar mag wees en so mooi mag sien hoe die Here met ons as sy kinders werk.”

Hy sê hy en Hanneke sien daarna uit om die kindjie groot te maak. “Dit is ’n groot skeppingswerk van die Here. Ons is Hom baie dankbaar daarvoor.”

Klein predikante-familie se eerste Vrystatertjie in Bloemfontein gebore

Die Meijers is ’n taamlik klein familie, en veral ’n heel jong familie in Suid-Afrika. “Hierdie seuntjie is,” sê sy pa, “sover ek verstaan, tog die eerste Vrystater wat gebore is. So ons is mooi besig om die provinsies te vul met die regte spelling van ‘Meijer’,” skerts hy.


Ds. Dirk sê hy is in ’n sekere sin nie juis uniek as predikant in sy familie nie. “Dit is hierdie jaar presies honderd jaar sedert my oupagrootjie in Nederland bevestig is as predikant, en hy was sy hele bedieningstyd in Nederland gewees.”

Hy vertel sy oupa aan vaderskant, Johannes Gerard Meijer, se noemnaam was Johan, waar hulle seuntjie se tweede naam vandaan kom. “Hy was predikant in Nederland, totdat hy uiteindelik beroep is Suid-Afrika toe as predikant hier, waar hy van 1970 af as predikant in Pretoria bedien het.”

Ds. Dirk se pa het in dié se pa en oupa se voetspore gevolg en sy pa se name gekry, net omgekeer: Gerard Johannes. “Ek het grootgeword saam met drie ouer broers,” vertel hy. “Darem is nie almal van hulle predikante nie. Die een is ’n dokter en die ander een is ’n ingenieur, maar inderdaad is daar een van hulle, Gerben, wat ook ’n predikant is, ook in Pretoria (soos hulle pa is en oupa was).

Ds. Dirk Meijer se broer het einde 2019 besluit om Vryburg vir Pretoria te verruil.

“So aan my kant is dit dus ’n paadjie wat al vir honderd jaar kom, die familie van predikante; darem nog ander mense ook wat met hulle eie gawes die Here dien, wat baie besonders is.”

Hy sê en net om sy eie predikantskap “nog minder uniek te maak”, toe trou hy ook nog met ’n vrou, Hanneke (née Kruger), wat ook uit ’n predikantshuis uitkom.

Bloemfonteinse baba se pa tot ooroupagrootjie almal predikante

Ds. Dirk Meijer het op 26 Januarie 2020 sy intreepreek in die Gereformeerde Kerk Bloemburg (Langenhovenpark, Bloemfontein) gelewer, sy eerste gemeente nadat hy afstudeer het aan die Teologiese Skool Potchefstroom. 


Sy predikantvoorsate strek terug tot by sy oupagrootjie ds. Johannes Meijer (1898–1964), wat tussen 1922 en 1963 drie gemeentes in Nederland bedien het.

Dirk se oupa ds. Johannes Gerard Meijer (1931–2002) het van 1957 tot 1970 eers drie gemeentes in Nederland bedien, en toe van 1970 tot 1973 die Vrye Gereformeerde Kerk Pretoria. Sy seun (Dirk se pa), dr. Gerard Meijer (geb. 1962), was predikant van Ermelo (1990–1998) en toe Wonderboompoort (1998–2008), waarna hy die beroep na Oos-Moot in Pretoria opgevolg het en vandag nog dié gemeente bedien. Ds. Dirk se broer Arno is die orrelis daar.

Dr. Gerard en Henriëtte en hul kinders en kleinkinders.

Dr. Gerard en Henriëtte en hul kinders en kleinkinders.

Dirk se broer Gerben is op 18 Januarie 2020 deur hul pa dr. Gerard Meijer in GK Waterkloofrand bevestig. Hy en sy vrou, Anne, het drie kinders, twee seuntjies en ’n dogtertjie. Die bevestiging was ’n mooi familiegeleentheid waartydens dr. Meijer die preek gelewer en die bevestiging behartig het, sy tweede jongste seun, Arno, vir die orreluitvoering tussen die diens en die program gesorg het, en sy oudste seun, Jannes, ds. Gerben en sy gesin aan die gemeente voorgestel het.

Dirk is die jongste van sy ouers, Gerard en Henriëtte, se vier seuns - die tweede dominee in die vierde geslag van Meijer-predikante.


Die Gereformeerde Kerk Waterkloofrand sing Psalm 2:6 met orrelbegeleiding deur Ansie Wichmann op Saterdag 18 Januarie 2020, tydens die bevestiging van ds. Gerben Meijer as nuwe leraar van die gemeente deur die sy vader, dr. Gerard Meijer, predikant van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot. 
VIDEOGRAAF: Morné van Rooyen

OFM-nuus/Morné van Rooyen

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.