On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Engo Sentrum vir Bejaardes vier vandag 80 jaar

───   HEIDRÈ MALGAS 15:47 Thu, 06 Oct 2022

Engo Sentrum vir Bejaardes vier vandag 80 jaar | News Article

Die Engo Sentrum vir Bejaardes in Van Heerdenstraat, Bloemfontein, vier vandag hulle 80ste verjaarsdag.

Dewet Claassens, hoof uitvoerende direkteur van Engo, vertel dat Engo self vanjaar sy 120ste bestaansjaar vier, iets waarop hulle verskriklik trots is.

“Dis net genade van Bo dat ons hierdie besonderse mylpaal kon bereik,” het Claassens gesê.

Hy vertel dat hulle regtig ‘n verskil in die lewens van ander wil maak wat in nood verkeer. “Maar ons doen meer as dit. Ons wil regtig hoop gee vir mense in nood en nie net hoop vir nou nie, maar hoop vir altyd.”

“Die Engo Sentrum vir Bejaardes in Bloemfontein vier vandag sy 80ste bestaansjaar, en ons is trots daarop dat hulle ‘n volle 80 jaar oud is. Ons is so trots op hulle, want dit lyk nie net besonders mooi op die terrein nie, maar ons is ook trots op die kwaliteit diens wat hierdie personeel aan die ouer persone hier lewer,” vertel Claassens.

Hy sê die sentrum bestaan al vanaf 1942. Dit is op 11 hektaar, met pragtige geboue en tuine. Daar word 1 100 mense gehuisves en daar is 654 wooneenhede in die sentrum.

“Die doel van hierdie spesiale sentrum vir bejaardes is dat ons letterlik elke dag met ‘n georganiseerde wyse, bekostigbare dienste aan ouer mense wil bied om hulle lewenskwaliteit te verbeter deur hul onafhanklikheid te verleng, hoëgehalte sorg te bied, veiligheid en tevredenheid te verseker,” sê Claassens.

Om die dag te vier word die inwoners bederf met liedjies van die bekende gospel sanger, Piet Smit.

Daar sal ook lekker aktiwiteite wees. Dit word vandag gevier omdat dié maand Bejaardesorgmaand is.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.