Central SA
Verhoor van Brand-familielede se moorde uitgestel─── HEIDRÈ MALGAS 15:53 Tue, 27 Sep 2022

Die verhoor van die Brand-familielede se moorde is in die Noord-Kaapse Hooggeregshof na 10-12 Desember uitgestel vir die voortsetting van die verhoor.
Die bejaarde egpaar, Danie en Breggie Brand, en hul dogter, Elzabie, wat in 2020 op 'n kleinhoewe in die Magogong-omgewing naby Hartswater in die Noord-Kaap vermoor is, se beweerde moordenaars sal weer in Desember in die hof verkyn.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se streekswoordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, staan die beskuldigdes - vier mans en 'n vrou - tereg op verskeie ernstige aanklagte, wat drie aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, asook ontvoering insluit.
LEES OOK: Hartswater murders: Five arrested, three bodies recovered
OFM-nuus her vroeër berig dat een van die vyf verdagtes in die Hartswater-moordsaak nou 'n staatsgetuie gaan wees.
Die vier oorblywende beskuldigdes het elk onskuldig gepleit op alle aanklagte teen hulle.
LEES OOK: Hartswater-moordsaak: Een verdagte draai staatsgetuie
Senokoatsane vertel dat die uitstel net vir die doeleindes van 'n hofreses is en dat die howe en vervolgingsgesag baie sake hanteer. Om te verseker dat al hierdie sake steeds in die hof aangehoor word, word daar vereis dat die hof in reses moet gaan.