On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Leerkrans gemeenskapslede betoog teen swak dienslewering

───   14:12 Tue, 06 Sep 2022

Leerkrans gemeenskapslede betoog teen swak dienslewering | News Article
FOTO: Verskaf.

Die gemeenskap van Leerkrans in die Dawid Kruiper-munisipaliteit het vandag die hoofroete tussen Grobelaarshoop en Upington met brandende bande versper.

Dit het daartoe gelei dat motoriste van albei rigtings ompaaie moes gebruik om by hul bestemmings uit te kom.

Die polisie se Eenheid vir Openbare Orde is vroeër na die toneel ontbied.

Intussen is motoriste gewaarsku om versigtig in die gebied te ry, veral omdat betogers op en langs die hoofpad saamdrom.

Inwoners meen dat dienslewering nie in die gebied gelewer word nie.

Die burgemeester – Micheal Segede – het intussen ’n griefskrif van ontstelde inwoners ontvang.

Ompile Masegela, polisiewoordvoerder, sê die situasie word gemonitor.

OFM Nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.