On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Munisipaliteit onseker oor waar Kimberley se Ark is

───   HEIDRÈ MALGAS 10:29 Tue, 23 Aug 2022

Munisipaliteit onseker oor waar Kimberley se Ark is | News Article

Die historiese bus, bekend as "The Ark" in Kimberley, is verwyder van waar dit gestaan het en volgens die Sol Plaatje Munisipaliteit was dit nie die munisipaliteit wat die bus verwyder het nie.

Volgens Riet het die munisipaliteit wel ‘n 7-dae kennisgewing uitgereik, maar hulle is onseker oor waar die bus tans is. 

Luidens 'n verklaring deur die Sol Plaatjie Munisipaliteit, het die Uitvoerende Burgemeester, Kagisho Sonyoni, opgemerk dat die gemeenskap ontevrede is oor die verwydering van die bus.

Dit het beklemtoon dat dit nie die burgemeesters se bedoeling is om enigiemand te verbied om sake in Kimberley te doen nie, of om wette toe te pas wat 'n nadelige uitwerking op die plaaslike ekonomie van die stad kan hê nie.

Die verduideliking is dat die kennisgewing uitgereik is omdat die voertuig op 'n openbare pad is en dit gederegistreer en ongelisensieer is sedert die heengaan van die buseienaar, in wie se naam die bus geregistreer is.

OFM-nuus het vroeër berig dat die Padverkeerswet bepaal dat as 'n voertuig ongelisensieerd is en nie padwaardig is nie, dit nie op 'n openbare pad kan wees nie.

LEES OOK: "The Ark" maak opslae op sosiale media

Senior Bestuurder vir Verkeersdienste, Chris Langford, sê die kwessie van die bus het niks te doen met die smous se permit wat uitgereik is nie. Die houer van die smouspermit kan steeds op daardie spesifieke plek handel dryf, aangesien die permit hom toelaat om in daardie spesifieke area handel te dryf.

Langford het verder bygevoeg dat daar kommunikasie was tussen hierdie kantoor en die persoon wat die bus gebruik het om handel te dryf en daar was 'n ooreenkoms dat die bus verwyder sal word.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.