On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

‘The Ark’ maak opslae op sosiale media

───   HEIDRÈ MALGAS 16:07 Mon, 22 Aug 2022

‘The Ark’ maak opslae op sosiale media | News Article
FOTO: The ARK/Facebook 2017

Die historiese bus, bekend as ‘The Ark’ in Kimberley, het opslae op sosiale media veroorsaak nadat die handelaar, wat kos daaruit verkoop het, 'n kennisgewing ontvang het om die bus te verwyder van die plek waar dit tans staan.

Die Padverkeerswet bepaal dat as 'n voertuig ongelisensieerd is en nie padwaardig is nie, dit nie op 'n openbare pad kan wees nie.

Senior Bestuurder vir Verkeersdienste, Chris Langford, sê die kwessie van die bus het niks te doen met die smous se permit wat uitgereik is nie. Die houer van die smouspermit kan steeds op daardie spesifieke plek handel dryf, aangesien die permit hom toelaat om in daardie spesifieke area handel te dryf.

“Behoudens die bepaling van Regulasies 4 en 5, moet elke motorvoertuig in die Republiek, ongeag of dit op 'n openbare pad bestuur word al dan nie, deur die titelhouer daarvan geregistreer word, ooreenkomstig die bepaling van hierdie deel, by die toepaslike registrasie-owerheid,” sê Langford.

Hy sê soos hierbo genoem moet die bus wat gebruik word, geregistreer wees soos deur die wet voorgeskryf. Die smousepermit en die bus is twee onafhanklike kwessies. Hierdie spesifieke regulasie word gelei deur 'n strafklousule wat wetstoepassers opdrag gee om boetes oor hierdie aangeleentheid uit te reik.

Hy het verder bygevoeg dat daar kommunikasie was tussen hierdie kantoor en die persoon wat die bus gebruik om handel te dryf en daar is 'n ooreenkoms dat die bus verwyder sal word.

Die bus is intussen verwyder van waar hy gestaan het, en volgens Thoko Riet, woordvoerder vir Sol Plaatje Munisipaliteit, was dit nie die munisipaliteit wat die bus verwyder het nie, en hulle vind nog uit wie dit was.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.