On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Publiek oor veldbrande gewaarsku

───   HEIDRÈ MALGAS 07:11 Sun, 07 Aug 2022

Publiek oor veldbrande gewaarsku | News Article

Die Vrystaatse Sambreelbrandbeskermingsvereniging (FSUFPA) waarsku groot gedeeltes van die provinsie teen gevaarlike tot uiters gevaarlike veldbrandtoestande Sondag van 08:00-20:00.

Dit waarsku dat veldbrande onder hierdie toestande maklik kan opvlam, vinnig versprei, en hoë intensiteit brande kan word.

Johan Breytenbach van die FSUFPA sê die primêre verantwoordelikheid lê by grondgebruikers.

“Hulle moet toesien dat hulle toerusting om brande te bestry diensbaar is en dat hulle gereed kan staan in hierdie omstandighede, want as ’n brand ontstaan kan dit baie vinnig versprei,” het Breytenbach gesê.

Hy het bygevoeg dat die algemene publiek bewus moet wees, brande vinnig moet rapporteer, en die heel belangrikste is dat almal ’n verhoogde bewustheid moet hê van hul persoonlike optrede.

“Moet nie oop vure maak nie, moet nie brandende materiaal los nie, moenie goed doen wat ’n brand kan veroorsaak nie, want as ’n brand veroorsaak word, is daar ’n baie goeie kans dat dit ’n wegholveldbrand kan word,” het hy bygevoeg.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.