Central SA
Saul se oorsese besoek kom tot ’n einde─── 08:21 Sun, 22 May 2022
Die Noord-Kaapse Premier, Dr. Zamani Saul, se besoek aan Barcelona in Spanje en Berlyn in Duitsland het tot ‘n einde gekom.
Die doel van sy uitreik was om Suid-Afrika se vlagskip-groenwaterstofprojekte ten toon te stel.
Volgens die Noord-Kaapse Provinsiale Regering, het Dr. Saul 'n afvaardiging gelei om met die Suid-Afrikaanse Ambassadeur in Duitsland, Stone Sizani, en die Duitse regering te vergader.
“Hulle het 'n verslag oorhanding van die span se verbintenisse in Europa, hul uitkomste, en die ondersteuning wat van die Suid-Afrikaanse Ambassade in Duitsland vereis word.”
LEES MEER: NC secures another large investment
Dr. Saul het met verteenwoordigers van die bedryf in Berlyn vergader, wat hierdie week finansies, lugvaart, en logistiek bespreek het.
“Daar is belangstelling wat groei in die Boegoebaai Hawe en Spoor-infrastruktuurprojek sowel as die Groen Waterstof-projek. Hierdie twee projekte bied 'n massiewe ekonomiese geleentheid wat die potensiaal het om die sosio-ekonomiese landskap van die provinsie en die land te verander” lui die verklaring
OFM-nuus/Heidré Malgas