On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Provinsies sal moet sê oor tekort aan gesondheidswerkers

───   CATHY DLODLO 09:27 Tue, 12 Apr 2022

Provinsies sal moet sê oor tekort aan gesondheidswerkers | News Article

Die tekort aan gesondheidswerkers – waaronder dokters en verpleegsters – en die plan van provinsiale departemente om vakante poste te vul - gaan aan die begin van die nuwe boekjaar onder die soeklig geplaas word.

Dit volg nadat die nasionale departement van Gesondheid, sy provinsiale eweknieë gevra het om inligting oor vakante poste by hospitale te verskaf. Die provinsiale departement sal ook moet verduidelik watter poste is van kritieke belang en wat die planne is om dié en ander mediese poste te vul.

OFM-nuus het vroeër berig dat die tekort aan gesondheidswerkers, tesame met ander tekorte, verantwoordelik is vir die agterstand in operasies van pasiënte by die Pelonomi-hospitaal in die Vrystaat.

LEES MEER: Pelonomi se probleme groter as gebrek aan spesialiste

Die Noord-Kaap gaan gebuk onder ‘n kroniese tekort aan veral dokters en verpleegsters omdat dit moeiliker is om gesondheidswerkers na dié provinsie te lok. Daarteenoor het die Vrystaatse Departement gesê hulle sukkel om vakante poste vir mediese spesialiste te vul.

LEES MEER: Mediese skole 'lewer nie genoeg spesialiste op nie'

Dokters by die provinsie se grootste trauma-hospitaal sê egter aanstellingsbriewe vir gesondheidswerkers vergaar stof by die departement se hoofkwartier, en ‘n tekort aan sekuriteit by die hospitaal, ‘n agterstand in instandhouding van mediese toerusting en die toestand van die kraam- en ginekologiese saal wat al vir sowat ‘n dekade ‘n bouperseel is, maak ook nie dat werksomstandighede aanloklik is nie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.