On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Mediese skole 'lewer nie genoeg spesialiste op nie'

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:51 Fri, 08 Apr 2022

Mediese skole 'lewer nie genoeg spesialiste op nie' | News Article
Image for illustration purposes

Die Vrystaatse Gesondheidsdepartement sê mediese skole lewer nie genoeg spesialiste op om die ernstige tekort in die Vrystaat aan te spreek nie.

Die Departement was onlangs in die kollig weens 'n ernstige gebrek aan hulpbronne en mediese personeel. OFM-nuus het vroeër berig die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein is oorweldig deur ‘n agterstand in ortopediese operasies en pasiënte beland op ‘n waglys selfs vir broodnodige mediese ingryping.

Lees meer:  Solutions for troubled #Pelonomi

Provinsiale woordvoerder, Mondli Mvambi, se noodkreet kom net dae voordat mediese skole se spertyd vir ‘n oorsig van hulle toelatingskriteria verstryk.

OFM-nuus het vroeër berig dat die DA deur ‘n aansoek ingevolge die Wet op Toegang tot Inligting mediese skole gevra het om te verduidelik hoe studente gekeur word.

LEES MEER:  #UFS and others must explain medical school criteria

Mvambi sê die departement moes – as ‘n korttermyn oplossing - na-ure werk om die situasie aan te spreek. Hy sê die departement kry nie genoeg dokters om in die vraag na mediese behandeling in die provinsie te voorsien nie.

Hy sê die departement het ook narkotiseurs nodig wat ‘n kritieke diensverskaffer in die Ortopediese-eenhede is. Mvambi het die media toespreek tydens ‘n oorsigbesoek deur nasionale ministers as ‘n voorloper vir President Cyril Ramphosa se besoek aan die provinsie die naweek.

Intussen het mediese skole aan 12 universiteite landwyd tot volgende week om hulle keuringsproses te verduidelik, en om uiteen te sit hoe aansoekers se ras ‘n rol speel in die besluit om potensiële studente toelating te gee of te weier.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.