Central SA
Noord-Kaapse ouers verheug oor bykomende onderwyser─── 11:20 Tue, 08 Mar 2022

Ouers, leerders en opvoeders is verheug nadat die Departement van Onderwys onlangs besluit het om nog een onderwyser aan die SA van Wyk Hoërskool, naby Springbok in die Noord-Kaap, toe te staan.
Dit volg nadat ouers en leerders Vrydag by dié skool betoog het.
Volgens Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die Departement van Onderwys, het die betrokke onderwyser Maandag begin.
Intussen dien sommige ouers steeds as hekwagte, wat leerders deursoek vir wapens en dwelmmiddels.
Hulle sien glo ook toe dat leerders hul hande saniteer voordat hulle die skoolterrein betree.
OFM-nuus/Isaac Cloete