On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Afrikaanse kunstenaars skitter binnekort by nuwe kunstefees

───   09:02 Tue, 01 Mar 2022

Sponsored09:02 Tue, 01 Mar 2022
Afrikaanse kunstenaars skitter binnekort by nuwe kunstefees  | News Article

Die Virseker Geesfees is 'n fees met 'n verskil...

Van die land se vooraanstaande Afrikaanse kunstenaars is eersdaags by die Virseker Geesfees te sien waar hulle ten bate van Solidariteit Helpende Hand se #StopHonger-voedingskema gaan optree.

Die Virseker Geesfees is 'n drie dae lange buitelug kunstefees wat vanaf 18 tot 20 Maart 2022 by die  Lekwena Privaat Wildreservaat, ongeveer 10km buite Potchefstroom, aangebied gaan word.

Die rede vir die fees is tweeledig - om Helpende Hand in staat te stel om deur #StopHonger te sorg dat 8 000 hulpbehoewende Afrikaanse kleuters daagliks 'n bord kos kry, en ook om die kulturele hongerte aan te spreek wat in die spoor van die Covid-19 pandemie agtergelaat is. 

Kunstenaars soos Adam Tas, Ricus Nel, Willem van der Ryst, Ichnus, Jay en Lianie May, Irene-Louise, Corlea, Jannie Moolman en Ruhan du Toit gaan oor dié drie dae vir vermaak sorg.

Daar gaan ook verskeie stalletjies, insluitend lekker kosstalletjies, 'n Kooperasie kuiertuin, en aktiwiteite vir oud en jonk wees.

“Dit is 'n fees vir die hele gesin en gaan nie net sorg vir voedsel vir die siel nie, maar ook sorg dat minstens 8 000 honger magies gevul sal word,” sê Roux.

Vrydag en Saterdag se vertonings sal regstreeks op verskeie aanlyn platforms uitgesaai word, sodat kykers wêreldwyd die fees saam kan geniet.

Besoek geesfeespotch.co.za om kaartjies vir die fees te bespreek of kry dit direk by Kooperasie Kroeg & Kos in Ptochefstroom. 

Mense wat die #StopHonger-voedingskema wil ondersteun kan die woord STOP SMS na 45763 ('n SMS kos R2).

Helpende Hand bedank al dié borge: Virseker, Lekwena Privaat Wildreservaat, Kooperasie Kroeg en Kos, ALS Group, Castle Lite, Buffelsfontein Brandewyn, Belgravia, WASP, Solidariteit, AfriForum, JVD Digital Marketing Design & Advertising.

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens het met Ruhan du Toit , ‘n kunstenaar wat by die fees gaan optree, gepraat om meer uit te vind. Luister hier:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.