Central SA
Bfn-nooddienste gee padgebruikers veiligheidswenke vir feesgety─── BLAINE JONES 11:47 Fri, 10 Dec 2021
Vanjaar se tema van die jaarlikse padveiligheid-veldtog vir 'n veiliger feesseisoen, is bewusmaking.
Dit is volgens die EMS-woordvoerder in die Vrystaat, Sipho Towa, wat aan OFM-nuus sê dat ongelukke verlede jaar grootliks veroorsaak is deur padgebruikers wat nie lang die pad gerus het nie, of nie bewus was van padtoestande nie.
Mense wat langer afstande ry sonder om langs die pad te rus, was 'n groot faktor. Towa sê vanjaar is die meeste ongelukke weens natuurlike oorsake veroorsaak, soos veldbrande wat rook veroorsaak het of swaar reënval.
OFM-nuus se Blaine Jones berig verskeie staatsdepartemente en nooddienste, van die openbare sowel as private sektor, was vanoggend by die Shell Ultra City-pitstop in Bloemfontein byeen. Die geleentheid het 21 jaar sedert die ontstaan van dié inisitied in 2000 herdenk.
Towa raai mense aan om hul reise te beplan met die nodige ruskans langs die pad. Hy sê padgebruikers moet nie hulself dwing om deur die nag te ry nie en moet hulle ritte vir die dag beplan wanneer hulle duidelik kan sien.
Bemarkings- en kommunikasiebestuurder by Life Healthcare, Hannika Struwig, sê vandag se byeenkoms skep die geleentheid vir al die nooddienste en Departemente van Gesondheid, Polisie, Paaie en Vervoer om saam te kom en van dieselfde platform af vakansiereisigers en die gemeenskap te verseker dat hulle veilig is terwyl hulle op paaie deur die Vrystaat en dié streek reis.
OFM-nuus