On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley-inwoners betoog weens waterkrisis

───   09:43 Fri, 16 Apr 2021

Kimberley-inwoners betoog weens waterkrisis | News Article
FILE PHOTO: Theo Kantane/Groundup

Inwoners van die Noord-Kaapse hoofstad Kimberley het die strate ingevaar om teen die swak dienslewering deur die Sol Plaatje-munisipaliteit te betoog.

Kimberley se krane is in sommige dele vandag die vyfde dag droog ná swak invloei van water na die Newtown-reservoir. Die Sol Plaatje-munisipaliteit het intussen daarin geslaag om die oorsaak van die probleem tussen Kamfersdam en Roodepan op te spoor, waar twee 600 millimeter pype groot volumes water gelek het. 

OFM-nuus het vroeër berig die waarnemende direkteur vir infrastruktuur, Phetole Sithole, het inwoners gevra om geduldig te wees met herstelwerk wat deur die nag geduur het en tegniese mense wat steeds op die toneel besig is. 

Inwoners het gedreig om vandag na die kantoor van die burgemeester, Patrick Mabilo, op te ruk om te betoog teen die ongerief wat hulle weens swak dienslewering moet verduur.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.