Central SA
Staking by Noord-Kaap sonplaas─── 12:36 Tue, 13 Oct 2020

Die sekretaris van die ZF Mgcawu-streek Gemeenskapsforum in die Noord-Kaap, Eric Kholisile Straus, sê die huidige staking by die Scatec sonplaas buite Upington het gevolg weens ontevredenheid rakende die hantering van klagtes rondom aanstellings.
Werknemers is ook ongelukkig oor die wyse waarop die trust - wat vir die bemagtiging van plaaslike inwoners in die gebied bedoel is - vanuit Kaapstad bestuur word.
Strauss sê Scatect se beloftes van gemeenskapsbemagtiging het niks gelewer nie, en dat hulle aandring op die aanstelling van 'n onafhanklike bestuurder wat die trust vanuit Upington kan bestuur.
Die polisie is op die toneel, terwyl Scatect se Joseph Moroka en Sindisile Madyo nie op OFM-nuus se versoek om komentaar reageer het nie.
OFM-nuus/Roderick Titus