On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Onderonsie by Kathu Hoërskool met politieke party

───   CATHY DLODLO 15:35 Tue, 09 Jun 2020

Onderonsie by Kathu Hoërskool met politieke party | News Article

'n Onderonsie by Kathu Hoërskool tussen die waarnemende skoolhoof en 'n lid van die EFF het vandag matrikulante aan die gons gehad.


Die Noord-Kaapse departement van Onderwys het die voorval bevestig. EFF-woordvoerder in die Noord-Kaap, Obakeng Lechuti, sê ‘n plaaslike raadslid is gevra om die skool se gereedheid en maatreëls teen Covid-19 te ondersoek. Die skoolhoof het haar egter toegang geweier en haar van die skoolgrond verjaag.
 
Woordvoerder van die departement, Lehuma Ntuane, sê die departement gaan die onderonsie ondersoek. Hy sê enige rolspeler is vry om skole in die provinsie te besoek om seker  te maak dat skole die nodige voorsorgmaatreëls tref, soos voorgeskryf in die stryd teen Covid-19. 

Ntuane sê individue moet egter die skool vooraf in kennis stel en hulself behoortlik identifiseer. Lechuti sê die party se provinsiale leierskap gaan ‘n brief aan die provinsiale departement rig om te kla oor hoe die EFF-raadslid behandel is.  

Die skool het 155 matrikulante wat tydens die eerste fase van die heropening van skole teruggekeer het klaskamer toe.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.