On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

#CoronavirusNC: Noord-Kaap teken eerste sterfte aan

───   09:12 Wed, 20 May 2020

#CoronavirusNC: Noord-Kaap teken eerste sterfte aan | News Article

Die woordvoerder van die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap, Lebogang Mahajah, het die provinsie se eerste Covid-19 verwante sterfte bevestig.


Hy het in 'n verklaring gesê dat die 60-jarige vrou in die Phokwane munisipale omgewing woonagtig was, en dat sy met bestaande mediese probleme - waaronder hartkomplikasies - in die hospitaal opgeneem is waar sy later dood is. 

Mahajah sê die gemeenskapsorggeriewe by Jan Kempsdorp is intussen gesluit vir enige verdere hantering van pasiënte. Hy voeg by dat almal wat met hierdie pasiënt in kontak was, getoets en in afsondering geplaas is. 

Die provinsie het tot op hede 37 positiewe gevalle van Covid-19 aangeteken, waarvan 27 persone herstel het. 

Hy sê die LUR vir Gesondheid, Mase Manopole, het die gemeenskap se samewerking gevra in die stryd teen die verspreiding van Covid-19.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.