On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Reddingsplan vir Madibeng Munisipaliteit kom

───   CATHY DLODLO 15:35 Thu, 14 May 2020

Reddingsplan vir Madibeng Munisipaliteit kom | News Article

‘n Plan om die geldsake van die Madibeng Munisipaliteit – wat Brits in Noordwes insluit – reg te trek gaan na verwagting binnekort in die parlement ter tafel gelê word.


Dit volg nadat die provinsiale regering besluit het om by die munisipaliteit in te gryp. Nasionale Tesourie het in ‘n antwoord op ‘n geskrewe vraag in die parlement gesê amptenare gaan die provinsie bystaan om ‘n reddingsplan vir die munisipaliteit – wat gaan kyk na dienslewering en invordering van skuld – op te stel. Een van die tekortkominge - wat tot negatiewe bevindinge in die munisipaliteit se ouditeursverslag gelei het - is ondermeer die afwesigheid van behoortlike tenderprosedure wat tydens die proses aangespreek gaan word. Nasionale tesourie sê as deel van die reddingsplan is daar reeds begin om opleiding aan munisipale beamptes in die finansiële afdeling van die munisipaliteit gebied.

 

OFM-nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.