On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein-gebore kreatiewe ontwerper wen nege nasionale toekennings

───   TSHEHLA KOTELI 13:31 Mon, 20 Nov 2023

Bloemfontein-gebore kreatiewe ontwerper wen nege nasionale toekennings | News Article
Die kreatiewe Boitumelo Jerry Legegeru. Foto verskaf

“Om Promax-pryse te wen is nie net ’n individuele prestasie nie, maar 'n weerspieëling van die kulturele etos binne die maatskappy.”

(English version.)

’n Kreatiewe ontwerper wat in Bloemfontein gebore is, het uitgestaan in die wêreld van televisie-inhoudskepping toe hy onlangs nege Promax-pryse in Sandton gewen het.

Boitumelo Jerry Legegeru sê dit voel goed om deel van ’n wenspan te wees. In die meer as ses jaar in die bedryf het hy gespesialiseer in die skep van TV-inhoud vir DStv (plaaslik en elders in Afrika) en die SAUK. As ’n kreatiewe ontwerper en direkteur by Birthmark vorm hy deel van die span wat die pryse gewen het.

Hy spog ook met vyf Saftas wat hy gewen het vir programme waaraan hy gewerk het.

Boitumelo Jerry Legegeru. Foto verskaf

“Om Promax-pryse te wen is nie net ’n individuele prestasie nie, maar 'n weerspieëling van die kulturele etos binne die maatskappy.”  

Hy sê dit is belangrik om jouself te omring met mense wat soos jy dink. “My formule is harde werk saam met mense wat my passie deel.”

In 2020 het hy aan Bloemfontein Courant gesê hy wil jong kreatiewe mense inspireer.

“My formule is harde werk saam met mense wat my passie deel.” Foto verskaf

“Aan ander jong kreatiewe mense wil ek sê die geheim van uitsonderlike sukses lê nie in natuurlike vermoë nie, maar in doelbewuste oefening.

“Hou jou hart en gees positief en doen waarvoor jy lief is. Nie almal om jou sal in jou glo nie, maar net jy kan hulle verkeerd bewys.”

Legegeru sê hy beplan om by kunsgemeenskappe aan te sluit en sy werk uit te stal. Hy en sy span het goud, silwer en brons in verskeie kategorieë gewen. Dit sluit in goud vir Beste Werklikheidsveldtog, Beste Musiekkomposisie en Beste Regie.

OFM Nuus/Tshehla Koteli  Corné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.