On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Business

OFM Sake-uur: Die sleutel tot potgooi-sukses? Ontwikkel jou nis

───   OLEBOGENG MOTSE 20:57 Fri, 13 Jan 2023

OFM Sake-uur: Die sleutel tot potgooi-sukses? Ontwikkel  jou nis | News Article
Photo courtesy of klipkouers.com

Die sleutel tot 'n suksesvolle potgooi lê daarin om jou nis te vind en te ontwikkel.

So sê Jacques Basson, gesoute verkoops- en bemarkingsbestuurder wat sewe jaar gelede die Afrikaanse sakepotgooi, Klipkouers, begin het - terwyl hy nog kniediep sy eie sakebelange in die buiteland gehad het. 

Basson sê sy leergierigheid het hom aan die potgooiwêreld blootgestel. In die begin het hy oorwegend na Amerikaanse potgooie oor die sakewêreld geluister en het hy vinnig besluit dat hy ook deel van hierdie ontluikende medium wil wees. Hy het ook besef hoe belangrik dit is om sy eie nis te vind voordat hy kon begin.

Wat is Klipkouers en BoerPot se nis?

Basson verduidelik dat Klipkouers en die gepaardgaande spesialis-potgooie wat deur sy No. 7- mediamaatskappy vir klante soos John Deere en Agri SA ontwikkel word, spesifieke teikengehore het.

LEES OOK: Senwes Equipment - eksklusiewe John Deere handelaar in sentraal Suid-Afrika

Klipkouers, wat in 2016 begin is, delf in die wêreld van klein-, medium- en mikro-ondernemings (KMMO's) en word slegs in Afrikaans uitgesaai.

BoerPot, ook in Basson se moedertaal Afrikaans, fokus op landbou-ondernemings in Suid-Afrika. Die potgooie laat val veral die klem op besigheid-tot-besigheid (B2B)-inhoud, wat help om ‘n nismark te ontwikkel.

Kundige gassprekers is belangrik

Sodra jy jou potgooi-nis bepaal en ontwikkel het, is dit belangrik om kundige gassprekers na jou potgooi te nooi om die gesprek opbouend vir die luisteraar te maak.

OFM



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.