On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Business

Big Sky Coaches begin nuwe avontuur

───   HEIDRÈ MALGAS 12:37 Thu, 27 Oct 2022

Big Sky Coaches begin nuwe avontuur | News Article

Big Sky Coaches gaan op 'n nuwe avontuur met Intercape as hul nuwe eienaar, maar die groep behou sy naam en sal steeds plaaslik werksaam wees.

Johann Ferreira, hoof uitvoerende beampte van Intercape, sê toe hulle die Big Sky Coaches-depot besoek het, was hy baie beïndruk met die depot, asook die goeie verhouding wat hulle met die plaaslike gemeenskap van Bloemfontein het.

“Big Sky Coaches werk baie suksesvol in die sentrale streek van Suid-Afrika en hierdie transaksie brei ons voetspoor uit en die vermoë om topklasdienste aan talle gemeenskappe en organisasies in die sentrale dele van Suid-Afrika te lewer,” het Ferreira gesê.

Hy het bygevoeg dat dit alles begin het toe sy pa die geleentheid gehad het om 'n halwe bus te koop om skoolkinders te ry en 'n paar jaar later het hulle na Kaapstad verhuis en Intercape is gebore.

Intercape was een van die min buslyne wat die Covid-19-pandemie oorleef het, Ferreira sê hulle was minder as een miljoen rand weg van toe maak af, maar deur die genade van God kon hulle op ons paaie bly.

Stephan Hamman, die hoofbedryfsbeampte vir Intercape, het genoem hoeveel Bloemfontein vir Intercape beteken vanweë die ligging. Hy het bygevoeg dat die mense van Bloemfontein en omliggende gebiede 'n groot ondersteuning was en niks anders as goed was vir die Intercape-span nie. Hy het ook die kliënte van Bloemfontein bedank omdat dit hulle is wat die wiele laat rol.

Die Big Sky-busse is 'n bietjie opgegradeer, en die Big Sky-logo het nou die voël op wat op die Intercape-busse vlieg.

George Mokgothu, hoof uitvoerende beampte van Interstate-buslyne, het die Intercape-span in Bloemfontein verwelkom en hulle alle sterkte toegewens met die nuwe en verbeterde Big Sky.

Intercape en Big Sky beloof om alle passasiers veilig te hou met hul baie vaardige bestuurders en goed onderhoude busse.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.