On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Arts

Noord-Kaap se trots bring goue toekenning huis toe

───   09:45 Thu, 25 Jul 2024

Noord-Kaap se trots bring goue toekenning huis toe | News Article
Foto: MindFlow SA

“Hierdie erkenning is nie net vir die dorp ’n voorreg nie, maar beteken ook baie vir die kunste.”

In die OFM Kunsteklop sluit Geralt Cloete by Yolanda aan. Hy is die ontvanger van een van twee goue Standard Bank Ovation-toekennings by vanjaar se Nasionale Kunstefees in Makhanda vanuit die Noord-Kaap.

Geralt vertel nie net watter voorreg hierdie erkenning vir sy dorp is nie, maar ook wat dit vir die kunste beteken. Hy is deel van Nama Khoi Productions



Dwaling/Ihare mâ ondersoek die implikasie van die Duitse volksmoord op die Namamense in die 1900’s. Ouma en haar gemeenskap worstel met die gevolge van die volksmoord. Gedwing om hul voorvaderland, Namibië, te verlaat, kom hulle aan in die Richtersveld, ’n streek wat reeds deur mede-Namamense bewoon is. Ouma word ’n simbool van veerkragtigheid en beliggaam die ontembare gees van haar mense ten spyte van die geweldige uitdagings wat hulle in die gesig staar.


Foto: MindFlow SA

Die verhaal weef deur Ouma se herinneringe, drome en ontmoetings met mede-oorlewendes, asook die kompleksiteit van die heropbou van hul leefstyl en kultuur. Die gehoor word gelaat met ’n roerende vraag: “As ons, ons LAND verloor, dan WAT?”

Dwaling/Ihare mâ maak ons bewus van die onvervangbare waarde en rol van die grond in die vorming van ons identiteit.


Foto: MindFlow SA

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.