On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

100 ballerinas gee lewe aan Pocahontas in Bloemfontein

───   09:00 Thu, 10 Oct 2024

100 ballerinas gee lewe aan Pocahontas in Bloemfontein | News Article
Elna van der Walt, haar dogter Elrine Mitchell en kleindogter Elmay het kom gesels oor die wonderlike voorreg om as gesin die produksie aan te bied. Foto: OFM

“Die jongste ballerinas is maar drie jaar oud.”

Elna van der Walt Balletskool in Bloemfontein bring vanjaar nuwe lewe aan Pocahontas in die vorm van ’n musiekblyspel. 

Die jongste ballerinas is maar drie jaar oud en sien uit om deel van die meer as 100 ballerinas op die verhoog te wees. 

 

Yolanda Maartens, Elmay Mitchell en Elna van der Walt. Foto: OFM 

Meer as 100 ballerinas kry die geleentheid om op die verhoog hul talente ten toon te stel. Die jongste ballerinas is maar drie jaar oud. Daar is ook 20 volwasse akteurs betrokke. 

Elna van der Walt, haar dogter Elrine Mitchell en kleindogter Elmay het kom gesels oor die wonderlike voorreg om as gesin die produksie aan te bied. 

Die Elna van der Walt Balletskool is vanjaar ook 40 jaar aan die gang in Bloemfontein, wat voorwaar ‘n besonderse mylpaal is. 

Kaartjies vir die vertonings op 8 & 9 November is uitverkoop, maar die kleedrepetisies op 7 November is ook oopgestel vir die publiek en kaartjies is by Webtickets beskikbaar.  

OFM cg 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.