Yellow Door
Anna Visser deur die sleutelgat─── 06:00 Fri, 14 Jun 2013
Anna Visser is mede-aanbieder van The Breakfast Special (06:00 - 09:00) op OFM.
Watter sintuig speel die grootste rol in jou lewe
My ore.
Beste kinderherinnering
Om My Fair Lady te kyk, en al die woorde saam te sing (die mans s'n ook), in 'n "balrok" wat my ouma Anna vir my uit haar kantgordyne gemaak het.
Death row-maaltyd
Butter Chicken van enige goeie Indiese restaurant.
Jou grootste tekortkoming
Ek is baie selfgesentreerd.
Kosbaarste besitting
My selfoon.
Wat verveel jou
Dronk mense wat oor politiek en filosofie wil praat.
Die trotsste oomblik van jou lewe
Toe ek uiteindelik, na die vierde probeerslag, my bestuurslisensie gekry het... dit was dalk meer verligting as trots.
Noem een ondeug
Sjokolade... nee, brood.. brood, in sjokolade, op nog brood!!!
Wat maak jou bang
Om nie te weet waar ek met mense staan nie. Onsekerheid.
In watter land, buiten SA sou jy graag wou woon en hoekom
Kuba... vir vet sigare en ou karre... en shady karakters.