On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Tekorte aan MIV en TB-medikasie in verslag bevestig

───   17:50 Thu, 11 Jun 2015

Tekorte aan MIV en TB-medikasie in verslag bevestig | News Article

Durban - ‘n Nasionale opname wat vandag by die sewende Suid-Afrikaanse Vigs-konferensie vrygestel is, het die tekorte aan medikasie in 2014 by klinieke en staatshospitale landwyd bevestig, en lys ook tekorte aan MIV-medikasie.

Dié tekorte word sedert verlede week deur die nasionale gesondheidsdepartement ontken. Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi het vandeesweek met farmaseutiese maatskappye en verskaffers vergader om ‘n moontlike landswye krisis oor medikasietekorte af te weer.
 
Die nasionale gesondheidsdepartement het aangedui dat moontlike probleme met die verskaffing van 82 soorte medisyne aangespreek is, maar dat geen staatsinstelling ‘n tekort aan MIV-medikasie ondervind nie.
 
OFM-nuus se Cathy Dlodlo berig dat die verslag egter tekorte in Noordwes en die Vrystaat noem.

Die opname wat in die verslag vervat is, is deur ‘n onafhanklike burgerlike konsortium, wat onder meer die Treatment Action Campaign en Section 27 insluit, gedoen.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus 

Podcasts

Cathy Dlodlo:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.