National
Kommissie vir geslagsgelykheid tevrede met getal vroue in nuwe kabinet─── 10:37 Tue, 27 May 2014
Johannesburg - Die kommissie vir Geslagsgelykheid het sy goedkeuring oor die getal vroue in President Jacob Zuma se nuwe kabinet uitgespreek.
Die kommissie sê hoewel 50-50 pariteit nie behaal is nie, is dit binne bereik. Die kommissie sê hy glo dat dit teen die volgende verkiesing 'n werklikheid kan word.
Die kabinet, wat Sondag aangekondig is, bevat 15 vroue ministers uit 37, wat sowat 40 persent is.
Die kommissie sê dit is meer as die 30 persent in die vorige kabinet, wat 'n stap in die regte rigting is.
Sapa