On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Verskeie dele van Noordwes tot rampgebied verklaar

───   17:29 Mon, 11 Aug 2014

Verskeie dele van Noordwes tot rampgebied verklaar | News Article
Refilwe Mekoa en Sapa
 
Klerksdorp - Die Noordwes regering het verskeie dele van die provinsie tot rampgebied verklaar na verlede week se aardbewing van 5.5 op die Richterskaal.
 
Waarnemende provinsiale woordvoerder, Bonolo Mahlakoana, sê die aardbewing het verwoesting gesaai in gebiede soos Khuma, Jouberton, Vaal Reefs, Kanana en Tigane in die Matlosana-munisipaliteit. Mahlakoana, sê sekere dele in die Ramotshere Moila-munisipaliteit is ook tot rampgebied verklaar.
 
Volgens Mahlakoana sal die hulporganisasie, Gift of the Givers, die rampgebiede besoek om hulp aan slagoffers te verleen.
 
'n 31-jarige man is in 'n myndorpie naby Orkney dood en meer as 600 huise en verskeie skole in die Khuma-informele nedersettingis in die aardbewing verwoes.

Podcasts

Waarnemende provinsiale woordvoerder, Bonolo Mahlakoana.:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.