On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Upington- en Keimoes-inwoners ruk op na hof

───   15:57 Mon, 13 Jan 2020

Upington- en Keimoes-inwoners ruk op na hof | News Article
PHOTO: Roderick Titus

Groot getalle inwoners van Keimoes en Rosedale in Upington in die Noord-Kaap het vanoggend voor die Landdroshof uit protes byeengekom.


Die verdagte in die moord van ‘n plaaslike polisiebeampte, Stefano Visagie, het vanoggend in die hof verskyn. Die verdagte – ‘n Nigeriese immigrant, word aangekla vir die mesdood van Visagie wat verlede week dié dorp geruk het. Hy het sy verwagte borgaansoek laat vaar. 

Die polisie het betogende inwoners – wat dreig om buitelanders uit hulle woonbuurte te verjaag - gewaarsku om kalm te bly. Die saak is tot die 23ste Maart vanjaar uitgestel.


OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.