On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Vrou streek 7 jaar lank groot geheim weg

───   14:36 Wed, 14 Aug 2024

Weird Wide Web: Vrou streek 7 jaar lank groot geheim weg | News Article
Beeldbron: odditycentral.com

“Yoshitaka (40) is al langer as elf jaar gelukkig getroud met Aki (65), al het hy eers die dag voor hul troue van hul ouderdomsgaping te wete gekom.”

Yoshitaka was maar 29 toe hy die liefde van sy lewe ontmoet het. 

Aki het ’n tradisioneel Japannese kroeg bestuur. Nadat hulle ’n bietjie gesels het, het hulle besef hulle het baie gemeen. Albei se huwelik het op die rotse beland en het alleen kinders grootgemaak. Nadat hulle Aki se kroeg ’n paar keer besoek het, het Yoshitaka haar vir ’n afspraak gevra.

Die Japannese man kon skat sy is ’n bietjie ouer as hy, maar hy het nooit haar regte ouderdom geraai nie en sy het geswyg, bang dit sou hom afskrik. Sy was toe 54, maar het vir Yoshitaka gesê sy’s 44. Hy het nooit iets vermoed nie.

Aki was altyd vrolik en haar gladde vel het nie haar ouderdom verklap nie; daarom kon sy die geheim sewe jaar lank bewaar, tot op die vooraand van hul huwelik.

Vroeg in 2020, toe die Covid-19-pandemie losbars, het Aki en Yoshitaka besluit om te trou. Aki het gemeen omdat sy die siekte sou kon opdoen, moes Yoshitaka haar regte ouderdom weet om nie dokters of ander mediese beamptes te verwar nie.

Aki het besluit om vir hom te sê sy is 25 jaar ouer as hy. Sy het nie geweet hoe hy sou reageer nie, maar was bang hy sou woedend wees dat sy so lank vir hom gelieg het. Sy was egter verniet bekommerd.

Lees ook: Pacofs’ spotlight on all-female Canadian production

Leun skeel hom min

“Ek gee glad nie om oor jou regte ouderdom nie,” het Yoshitaka vir sy aanstaande gesê. “Dit skeel my min. Wat my wel pla, is hoekom jy my nie vroeër vertel het nie sodat jy nie nodig gehad het om jou so lank te bekommer nie.”

Nadat hulle getroud is, het die Japannese egpaar besluit om hul werk te bedank en =deur Japan te reis en hul avonture op ’n YouTube-kanaal, met ’n Japannese naam wat beteken “’n paartjie met ’n 25-jarige ouderdomsverskil”, te dokumenteer.

In ’n stadium het hulle ’n aanlyn lugversorgingsskoonmaakdiens begin wat hulle deur sosiale media bevorder het.

Yoshitaka en Aki se storie het vir die eerste keer in 2021 soos ’n veldbrand versprei toe dit opslae in Japan en China gemaak het, maar dit het onlangs weer na vore gekom nadat dit in die Japannese koerant, Bunshun Online, verskyn het.

Die 65-jarige vrou het aan die publikasie gesê een van die redes waarom sy haar regte ouderdom vir Yoshitaka weggesteek het, is die Japannese samelewing se vooroordeel teen ouer vroue wat met jonger mans uitgaan of met hulle trou.

Lees meer hier.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.