On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Kinders in hospitaal opgeneem, omdat hulle nie reëls nagekom het nie

───   06:00 Wed, 24 Jul 2024

Weird Wide Web – Kinders in hospitaal opgeneem, omdat hulle nie reëls nagekom het nie | News Article
Foto ter illustrasie.

“’n Hoërskool in Tokio moes hulp ontbied, nadat 14 leerders aan naarheid sowel as maag- en mondpyn gely het, nadat ’n seun ‘R18-kerrieskyfies’ met 33 lede van sy klas gedeel het.”

Een student moes in ’n rolstoel weggeneem word, en Isoyama Corp, die maatskappy wat die ekstra vurige versnapering vervaardig, het gesê hulle “wens opreg vir die vinnige herstel van diegene wat aangemeld het dat hulle sleg voel”. Die firma maak ’n reeks ander versnaperinge wat slegs vir mense ouer as 18 bedoel is, en hulle waarsku dat selfs veteraanspeseryliefhebbers “met omsigtigheid moet voortgaan terwyl hulle hierdie produk eet”.

Die maatskappy se webwerf “verbied” onder 18’s om die peuselhappie te eet, wat “so vurig is dat dit pyn kan veroorsaak”, met waarskuwings in plek vir mense met swak mae, hoë bloeddruk of snye aan hul vingers.

Daar is verder diarreewaarskuwings as jy te veel inneem, en mense word daarom versoek om dit nie alleen te eet nie

Die produkte word gemaak met die spookrissie, ook bekend as bhüt jolokia, ’n brandrissie wat as een van die vurigste ter wêreld beskou word.

Dit is blykbaar 170 keer warmer as Tabasco-sous.

Die kerrieskyfies – Isoyama Corp se vlagskip-happies – is sedert 2013 beskikbaar.

Volgens plaaslike verslae het die student die skyfies “net vir die pret” ingebring. Hy het aan die owerhede gesê hy het voorheen self die peuselhappie geniet sonder om enige newe-effekte te ervaar, terwyl ander dit probeer het en slegs ligte simptome ondervind het.

Lees meer mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.