On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Paartjie kry op een of ander manier die hele oord vir hulself!

───   06:30 Thu, 18 Jul 2024

Weird Wide Web – Paartjie kry op een of ander manier die hele oord vir hulself! | News Article
Velas Resorts

’n Paartjie is verstom gelaat nadat hulle by ’n alles-insluitende vyfster-oord opgedaag het om te ontdek dat hulle die enigstes daar was, maar dit was nie heeltemal so ongelooflik soos dit eers gelyk het nie.

Om jou dag-tot-dag werk te ontsnap en die son te gaan opsoek, asook rus en vrede, is alles goed en wel totdat jy by jou oord aankom om te sien dat dit wemel van mense, jy moet so vroeg moontlik opstaan om ’n sonbed te kan kry sonder om Hunger Games af te kondig. Die buffet-middagete is nader aan ontbyt, anders loop jy die risisko om slegs die krummels aan die einde op te tel.

Een paartjie het egter nie enige van hierdie probleme gehad nadat hulle by die Grand Velas Boutique Los Cabos in Mexiko aangekom het nie, net om te ontdek dat hulle die enigste gaste was wat daar gebly het.

'n TikTokker genaamd Cameron – @freedomhustle – het sy siening van die leë sonstoele, leë swembad en leë buite-areas by die hotel op die platform gedeel.

Stel jou voor ’n bal onkruid wat in ’n baie lieflike woestyn rondrol.

Die idee om solo saam met jou maat in ’n vyfster-oord te vlieg en werkers wat net op jou behoeftes fokus, klink dalk soos ’n droom wat waar word.

Lees ook: Weird Wide Web – Hoe om nié ’n afspraak te vermy nie

Cameron het egter in ’n video verduidelik: “Aanvanklik het dit as ’n grap begin ... maar dit voel meer soos ’n episode van Black Mirror.”

Terwyl hy waarskynlik die lewe op die sondek met ’n mojito in die hand moes nastreef, het Cameron se nuuskierigheid die oorhand gekry. Hy het besluit om die oord van bo tot onder te deursoek in die hoop om enige vorm van lewe teë te kom.

Maar sy soektog was nie juis suksesvol nie.

“Elke keer wat ek dink ek sien iemand wat nié ’n wit uniform dra nie, raak ek opgewonde, net om te besef, nee, net meer kontrakteurs wat aan die plek werk. Wat weereens nogal cool was, totdat dit nié meer was nie,” het Cameron gesê.

Nadat hy besef het dat hy en sy vrou die enigste gaste by die hotel is, het Cameron begin nadink oor die finansiële logistiek van die instandhouding van die oord.

“Hoe betaal hierdie plek vir al hierdie ligte?” het hy in die video gevra. “Hoe brand hierdie vuur (fire pits) die hele dag? Wie betaal vir dit alles? Hierdie hele koninkryk is net vir ons.”

Nadat hulle deur die New York Post genader is, het die oord gesê dat hulle in staat is om mense te akkommodeer, maak nie saak wat nie.

Melissa Wisenbaker het gesê: "Velas Resorts werk teen 100 persent, ongeag die aantal werklike gaste wat op die eiendom bly.

“Dit is ’n personeel-tot-gaste-verhouding van 3 tot 1, teenoor baie ander oorde wat die teenoorgestelde is (3 gaste teenoor elke personeellid).”

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.