On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Heerlike Italiaanse maaierkaas

───   06:00 Fri, 05 Jul 2024

Weird Wide Web – Heerlike Italiaanse maaierkaas | News Article
Foto: Getty Images

“Hierdie Italiaanse kaas sal waarskynlik die walglikste ding wees wat jy nog ooit geëet het, maar sommige mense hou blykbaar daarvan.”

Om in die buiteland te reis, gee aan ons die geleentheid om ons kulinêre horisonne te verbreed en plaaslike geregte te proe wat ons dalk nooit in ons daaglikse lewe sal teëkom nie. Van tradisionele Skotse harslag (haggis) tot Ysland se berugte gefermenteerde haai (hákarl), kosse van regoor die wêreld kan ons dalk ’n bietjie naar laat voel, maar sal jou nie doodmaak nie.

Wel, behalwe vir een onwettige item wat aan die kus van een Italiaanse eiland verkoop word. Casu martzu in, ’n gefermenteerde, nee, eerder vrot skaapmelkkaas gemaak deur lewendige maaiers.

Nee, dit is nie ’n tikfout nie.

Kaasvervaardiging kan nogal ’n grillerige proses wees (kyk maar na bloukaas), maar niks is so gevaarlik soos casu martzu, wat die titel van die ‘wêreld se gevaarlikste kaas’ in die 2009 Guinness Book of World Records gewen het, nie.

Jy wonder dalk watter persoon met ’n gesonde verstand sou kaas wou eet wat deur maaiers gemaak is ... eintlik ’n hele paar mense!

Casu martzu is geskep op die Italiaanse eiland, Sardinië, en het glo ’n sterk smaak wat vergelyk kan word met gorgonzola, stilton of camembert. Die kaas word gemaak deur ’n deel van die kaas se skil te verwyder en maaiers binne te laat uitbroei, wat op hul beurt die kaas van binne na buite begin eet en daaraan ’n ... unieke geur gee.

Lees ook: What’s on the Menu – Tuisgemaakte soetsuurhoender

Die meeste mense verkies om die maaiers te verwyder, voordat hulle die kaas eet, maar sommige plaaslike inwoners sal die kaas in ’n sentrifugale toestel vaspen om die maaiers in te meng. Die kaas is só gevaarlik om te eet dat die Italiaanse regering die vervaardiging van casu martzu verbied het.

Dit behoort jou nie te verbaas dat sy maaiergisting die rede is waarom casu martzu onwettig is nie.

As dit verteer word, kan die maaiers maagsuur weerstaan en verwoesting in jou ingewande saai. Ten spyte van gesondheidswaarskuwings floreer produksie van casu martzu steeds, met 100 ton van dié riskante kaas wat per jaar gemaak word. Sowat €2 tot €3 miljoen se jaarlikse produksie.

Waarom verkies Sardiniërs om die tradisie voort te sit om casu martzu te maak?

“Dit is deel van ons geskiedenis,” vertel die joernalis Giovanni Fancello joernalis aan CNN Travel. Hy vertel verder dat die gereg teruggevoer kan word na die tyd toe Sardinië deel was van die Romeinse Ryk.

“Ons is die seuns van hierdie kos. Dit is die gevolg van toeval, van magie en bonatuurlike gebeure.”

Dit is ook opmerklik dat geen sterftes as gevolg van die eet van casu martzu ten tyde van die skryf van hierdie berig aangemeld is nie, wat beteken dat jy heel waarskynlik sal oorleef as jy kies om die lekkerny te trotseer.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.