On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Blou honde in strate van Rusland

───   15:19 Wed, 03 Jul 2024

Weird Wide Web – Blou honde in strate van Rusland | News Article

“Die Dzerzhinskoye Orgsteklo-fabriek is vir ses jaar gesluit en blou honde is sedertdien gesien wat in die gebied rondloop.”

Hoekom so blou? Dit is die vraag wat mense in Dzjerzjinsk, Rusland begin vra het toe ’n trop helderblou honde naby ’n geslote chemiese fabriek opgemerk is.

Die foto’s is die eerste keer deur Alekseï Ganine op Vkontakte (VK) ’n Russiese sosialemediaplatform geplaas, wat verwarring, bekommernis en komiese kommentaar van gebruikers veroorsaak het. “Wat is so snaaks?" het een VK-gebruiker gevra. Nog een het geskerts, “Smurfies?”

Soos die vreemde prentjies versprei het, het die soeke na antwoorde ook toegeneem. Omdat die honde naby Dzjerzjinskoye Orgsteklo, ’n groep chemiese fabrieke wat in 2015 gesluit is, na bankrotskap, is dit waarskynlik dat hulle aan ’n chemiese stof blootgestel is.

Die honde het moontlik in kopersulfaat gerol, ’n helderblou bestanddeel wat gebruik word in die vervaardiging van pleksiglas.

Andrey Mislivets, die bankrotskapbestuurder van Dzjerzjinskoye Plexiglas het saamgestem dat dit die waarskynlikste rede is. “Hawelose honde hardloop in die gebied rond,” het hy gesê. “Miskien het hulle in een van die geboue ’n chemiese afvalstof gevind – byvoorbeeld kopersulfaat – en daarin gerol.” 

Lees ook: Feel Good Friday – Flip-flops red die see!

Mislivets het egter nie verantwoordelikheid geneem om die honde terug na ’n normale kleur te kry – of om enige newe-effekte te behandel wat deur hul moontlike blootstelling aan chemikalieë veroorsaak is nie. “Ek kan nie die koste dra om hawelose diere te vang en te steriliseer nie,” sê hy.

Russiese nuusagentskappe berig dat die stad die honde sou bymekaarmaak en probeer om die honde te ondersoek en hul blou kleur te behandel. Volgens plaaslike amptenare was die honde nie in enige werklike gevaar nie.

Ander diereregte-aktiviste was nie so seker daarvan dat die honde veilig en gesond isnie. Kelly O’Meara, Humane Society International se vise-president van geselskapsdiere, het die blou kleur van die honde “’n ooglopende welsynskwessie” genoem.

Lees ook: Conspiracy Corner – Russia had a satellite that mimics the sun

Kort nadat die blou honde in Dzjerzjinsk aangemeld is, het Russiese nuusgroepe stories begin plaas van nog ’n kleurvolle trop honde – hierdie keer groen – in Podolsk, naby Moskou. Gelukkig het hierdie honde net in een of ander skadelose, gedroogde verf gerol.

Vir twee van die honde in Dzjerzjinsk was blou pelse moontlik die beste ding wees wat nog ooit met hulle gebeur het – as gevolg van hul bisarre tint is hulle aangeneem en het hulle uiteindelik huise gevind.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.