On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Man verloor sleg teen die liefde

───   15:16 Thu, 27 Jun 2024

Weird Wide Web – Man verloor sleg teen die liefde  | News Article

“Selfs al het hy gewen sou haar antwoord steeds nee gewees het.”

Die amateur MMA-vegter Lukasz Bukovac het op dieselfde aand sy geveg verloor, maar beslis slegter verloor teen die liefde. Sy meisie het sy huweliksaansoek voor 20 000 mense van die hand gewys. Hulle sê jy moet nooit iemand skop terwyl hy lê nie, maar Bukovac het dit oor homself gebring toe hy besluit het om haar op so ’n manier te vra om te trou – selfs al het hy gewen sou haar antwoord steeds nee gewees het 

Ongelukkig moes Bukovac net daar op een knie staan en hoor hoe sy sigbaar verleë meisie sy huweliksaansoek weens beweerde ontrouheid voor die skare afskiet. Om dit erger te maak, is die hele ding verfilm en die video word wyd versprei.  

“Ná alles wat tussen ons gebeur het ná die verraad van jou kant, dink ek nie dit is ‘n goeie idee nie. Ek sê nee,” sê sy, terwyl hy sy hand na uitstrek met die ring. Wat dit nog meer vreemd maak is dat een van die mense in Bukovac se span haar met water gegooi het omdat sy hom verwerp.

Twee video’s wat daarvan op X geplaas is, is reeds deur miljoene mense gekyk. Die meeste mense is aan sy kant omdat hulle meen hy het nie ’n tweede nederlaag nodig gehad nie. Hulle ignoreer blykbaar dat hy aan haar ontrou was.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.