On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Grappies op ’n stokkie, kyk wie kry hul eie kampioenskap!

───   15:18 Tue, 25 Jun 2024

Weird Wide Web – Grappies op ’n stokkie, kyk wie kry hul eie kampioenskap! | News Article

“Die BSPS wou die gier deel maak van sy vermaak vir kinders en die hele gesin.”

Almal het gedink dit was ’n vreemde grap toe die storie op die webtuiste van die tydskrif Horse & Hound gepubliseer is. Die British Show Pony Society (BSPS) het besluit om ’n kompetisie vir “stokperdjies” te begin. Die sport is gewild in Finland en begin ook wêreldwyd aanklank vind. Deelnemers moet op ’n speelgoedperd ry wat van hout gemaak is en waarvan die een kant versier is om soos ’n ponie se kop te lyk.  

Die ruiters is gewoonlik jong meisies en hulle draf en galop op die “perdjies”. By die BSPS-kampioenskap kry hulle 50 punte vir koördinasie, balans, energie en liggaamsbeheer. Nog 50 punte kan verdien word vir die algehele vertoning as dit energiek en aantreklik lyk. 

Lees ook: Weird Wide Web – Finse stad hou jeug só weg van strandpartytjies

Daar is drie ouderdomsgroepe: drie tot vyf, ses tot nege en tien tot twaalf jaar. “Daar is geen spesifieke klere nie, maar skoene moet buigsaam wees sodat ruiters se tone gesien kan word.

Die BSPS wou die gier deel maak van sy vermaak vir kinders en die hele gesin. Die “stokperdjies” kry name, agtergrond, ras, bloedlyn en temperament.


“Al die kindervermaak is gratis en sluit in speletjies, kunsvlytkamer, iBox, sokker, disko, asook partytjies vir die volwassenes.” Die tydskrif Horse & Hound moes ’n verklaring uitreik om te bevestig dit is ‘n regte kompetisie en nie ’n April-grap nie. 

Die tydskrif se April-grap oor perde en toerusting wat uit ongeveer 35 000 v.C. dateer, het sy lesers laat wonder of dit ook ’n grap was.

Lees meer cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.