On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Finse stad hou jeug só weg van strandpartytjies

───   15:28 Mon, 17 Jun 2024

Weird Wide Web – Finse stad hou jeug só weg van strandpartytjies | News Article

Die polisie in die Finse stad Espoo het die afgelope paar jaar ’n (klassieke) tegniek gebruik om jeugdiges te probeer weghou van partytjies op ’n plaaslike strand – met harde klassieke musiek.

Daar is geen wetenskaplike bewyse dat jongmense ’n afkeer in klassieke musiek het nie, maar die polisie in Espoo sweer dit is só. Die feit dat hulle hierdie taktiek die laaste ses jaar gebruik is glo ’n bewys daarvan. Blykbaar word die strand in Espoo se Haukilahti-woonbuurt aan die einde van elke skooljaar ’n gewilde bymekaarkomplek vir jongmense wat gretig is om tot in die laat ure van die nag partytjie te hou.

Plaaslike owerhede het verskeie ander metodes probeer om jeugdiges uitmekaar te jaag, maar niks het so goed gewerk soos klassieke meesterstukke soos Strauss se The Blue Danube, Vivaldi se Four Seasons en Schubert se Ave Maria nie. Dus, aan die begin van Junie, basuin die polisie klassieke musiek uit ’n paar luidsprekers op die strand om te verhoed dat jeugdiges ná sononder daar bymekaarkom.

“Om een of ander rede hou jongmense nie van klassieke musiek nie en bly hulle weg,” het Mikko Juvonen van die Wes-Uusimaa-polisiedepartement aan Yle gesê. “Dit is beter vir ons om die jongmense op droëland te hou, en dis lekker vir gesinne om soggens hier te kom swem wanneer die strand skoon is.”

Voordat hy ses jaar gelede die klassieke musiekmetode geïmplementeer het, was Haukilahti ’n gewilde bymekaarkomplek vir jaareindpartytjies waarna hope rommel en gebreekte glas agtergelaat is. Nou hoef die Espoo-polisie nie meer bekommerd te wees nie, want geen jeugdiges wil daar wees wanneer die klassieke musiek begin speel nie.

’n Aantal plaaslike inwoners het erken dat hulle die polisie-inisiatief 'n bietjie vreemd gevind het, maar aangesien dit so goed werk, lyk dit of niemand kla nie.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.