On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Algerynse man tronk toe nadat hy vreemde mense omhels

───   15:24 Wed, 05 Jun 2024

Weird Wide Web – Algerynse man tronk toe nadat hy vreemde mense omhels | News Article

Al wat hy wou doen, was om vrede en liefde te versprei.

’n Algerynse man is onlangs skuldig bevind aan onsedelike gedrag en moet tot twee maande agter tralies deurbring omdat hy vreemde mense op straat omhels het om vrede en positiwiteit te versprei. 

Mohamed Ramzi, ’n vlogger van Algerië in sy dertigs, het verlede somer mense in sy tuisland woedend gemaak deur ’n TikTok-video te plaas wat geïnspireer is deur 'n gewilde Europese vlogger, wat bekend geword het vir sosiale eksperimente soos om vreemde mense op straat te druk.

Daardie soort gedrag word klaarblyklik afgekeur in Algerië. Die video’s het mense woedend gemaak en die algemene publiek het hom veroordeel. Nie eens Mohamed se verskoning kon die dreigende aanklagte teen hom keer nie. 

Verlede jaar het ’n hof hom onskuldig bevind op alle aanklagte, maar sy saak is toe na die Algerynse Geregtelike Raad verwys nadat aanklaers teen die besluit geappelleer het, en dié keer is hy skuldig bevind.

Ramzi is aangekla van onsedelike gedrag vir sy drukkies in die openbaar en van ‘vertoning van onsedelikheid’ vir ’n ander video waarin twee meisies met kort rompies gewys is. Een het ook ’n tatoeëermerk gehad. Volgens die hof se beslissing moet Mohamed Ramzi twee maande in die tronk deurbring en ook ’n boete van 5 miljoen dinars ($37 000) betaal.

Nadat sy video’s ’n groot opskudding in Algerië veroorsaak het, het hy ’n verskoning aangebied en beweer dat al wat hy wou doen, was om vrede en liefde te versprei. Ongelukkig het dit nie sy kritici, en ook nie die regters, gepaai nie.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.