On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Wanneer ’n vis die deurklokkie lui

───   15:19 Tue, 16 Apr 2024

Weird Wide Web – Wanneer ’n vis die deurklokkie lui | News Article

“Die idee is eenvoudig: enigiemand kan op die webwerf na die regstreekse stroom kyk. As hulle ’n vis sien, druk hulle die “deurklokkie”-knoppie.”

Elke lente swem duisende visse deur die stad Utrecht – sowat 35 kilometer suid van Amsterdam – op soek na ’n plek om hul eiers te lê. Maar hulle moet dikwels stilhou en wag by die Weerdsluis, wat nie gereeld in die lente oopmaak nie.

Op ’n dag in 2021 het ekoloog Mark van Heukelum die Weerdsluisbestuurder van hierdie probleem vertel.

“Ons kon letterlik die visse daar by die kanaalsluis sien swem. Ek het vir hom gesê dat hierdie kanaalsluis gedurende die lente vir die visse oopgemaak moet word,” het hy aan Atlas Obscura gesê.

Die bestuurder het gesê dat hy met graagte die sluis oopmaak wanneer daar ’n vis gewag het. Maar daar was een probleem: hulle kon nie van land af gesien word nie.

Dis toe dat van Heukelum daaraan gedink het om ’n onderwaterkamera op te stel wat die visse regstreeks kan stroom. Hy kon egter nie te alle tye nie self na die kamera kyk nie – daarom het hy hulp gaan soek op die internet en ’n webwerf vir die “visdeurklokkie” opgestel.

Die idee is eenvoudig: enigiemand kan op die webwerf na die regstreekse stroom kyk. As hulle ’n vis sien, druk hulle die “deurklokkie”-knoppie. Dit stuur ’n boodskap aan die sluispersoneel, wat op hulle beurt die deur vir die visse kan oopmaak.

Die visdeurklokkie het baie vinnig gewild geword. Gedurende die eerste lente is die klok meer as 100 000 keer deur mense regoor die wêreld gelui.

Die webwerf is vandag so gewild dat die aantal mense wat die deurklokkie op ’n slag kan lui tot sowat 950 beperk is, maar die stroom is steeds beskikbaar vir enigiemand wat daarna wil kyk.

Lees meer mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.