On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – ‘Nostradamus’ se voorspellings vir 2024

───   15:17 Mon, 08 Jan 2024

Weird Wide Web –  ‘Nostradamus’ se voorspellings vir 2024 | News Article
"Living Nostradamus" maak ysingswekkende voorspellings vir 2024. Beeldbron: ladbible.com

“Robotte sal hul eie taal vorm wat ons arme mense nie sal kan verstaan nie.”

'n Man wat die “lewende Nostradamus” genoem word, het bekend gemaak wat 2024 vir ons almal inhou. Kom ons hoop dit is beter as die afgelope paar jaar. 

Die selfverklaarde heldersiende Athos Salomé van Brasilië glo hy weet wat gaan gebeur en dit is nie positiewe nuus nie  Hy beweer hy het die Covid-19-pandemie, koningin Elizabeth II van Brittanje se dood en die uitslag van die Wêreldbeker-toernooi suksesvol voorspel. 

Salomé het aan The Sun gesê ons gaan kontak maak met vreemde ruimtewesens deur ’n netwerk van teleskope. ’n Asteroïde sal ook veilig die aarde bereik maar dit sal lei tot ’n stryd deur lande om dit te besit.

Is ruimtewesens op pad? Foto: Pexels/Miriam Espacio

Salomé sê kunsmatige intelligensie sal nie meer menslike insette benodig om te funksioneer nie. Robotte sal hul eie taal vorm wat ons arme mense nie sal kan verstaan nie. Hy sê die geheime kommunikasie kan gevaarlik vir mense wees.

Lees ook: Feel Good Friday – Diereskuilings in Kalifornië begin jaar goed

Hy het nog slegte nuus. Die Derde Wêreldoorlog word ’n werklikheid, maar nie weens die oorlog in Oekraïne nie, maar deur ’n kuberaanval in die Suid-Chinese See'.

Natuurrampe wêreldwyd sal voorkom met droogtes in die Midde-Ooste en Afrika, brande in Amerika en orkane en siklone in die Golf van Mexiko.

Lees meer dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.