Offbeat
Weird Wide Web – Maak seker dat jy daardie rugsteunskyf uitvee!─── 15:09 Wed, 22 Nov 2023

’Dit is dus nie net een kopie van sy rekenaar nie, dit is dosyne uit verskillende tydperke wat terugdateer na 2010.”
’n TikToker van Duitsland se storie het mense herinner om hul elektroniese toestelle na te gaan voordat hulle dit aan tweedehandse winkels soos Goodwill skenk. Die gedagte dat jou geliefde besittings ’n nuwe tuiste kry is lekkerder as om dit in die asblik te gooi. Maar hy waarsku dat mense versigtig moet wees wat hulle aan tweedehandse winkels skenk.
Die TikTok-gebruiker @dankeunextgay se video is al miljoene keer gekyk. Hierin praat hy oor ’n 'Apple Time Capsule' wat hy vir $15 by die tweedehandswinkel gekoop het – asook die sappige inhoud wat hy daarop gekry het. Die vorige eienaar se lêers gaan so ver terug as 2010.
“Ene Don het nooit al sy dokumente en inligting uitgevee voordat hy dit geskenk het nie."
Die vorige eienaar se lêers gaan so ver terug as 2010.
Lees ook: SPAR OFM Carols by Candlelight 2023
’n Gebruiker het hierop reageer: “My grootste nagmerrie. Dit is hoekom ek al my ou toestelle hou.” Terwyl 'n ander een erken: “Ek onthou nou dat ek myne geskenk het sonder om dit uit te vee."
Lees ook: Feel Good Friday – Jessica Wade
’Dit is dus nie net een kopie van sy rekenaar nie, dit is dosyne uit verskillende tydperke wat terugdateer na 2010.” Die Tiktoker noem dat Don foto’s het van die 1980's en dat hy ’n sakeman of uitvoerende hoof was en dat selfs sy kredietkaartnommers daarop is. Die TikToker weet selfs hoeveel geld hy in sy bankrekening gehad het. Sy lewensversekering toon ook dat die man miljoene dollar werd is.
Hy sê dalk is die man al dood. Maar iemand beweer: “LOL my oorlede oupa is Don genoem, hy was ’n Apple-nerd sedert hulle die Mac laat vaar het, asook ’n sakeman … ek is agterdogtig.”
Op 'n positiewe noot het die TikToker besluit hy wil Don se familie opspoor want die inligting laat hom ongemaklik voel.