Offbeat
Weird Wide Web – Die vervloekte trourok─── 15:11 Wed, 08 Nov 2023

’n Vrou het gedink sy het 'n fout in die matriks ontdek nadat sy 'n foto van haarself in haar trourok gesien het.
unilad.com berig Tessa Coates, ’n skrywer en komediant, het ’n opskudding veroorsaak toe sy ’n foto gepubliseer het waarin sy in ’n trourok poseer. Voor haar was twee groot spieëls – elkeen met ’n ander weerkaatsing. “Ek het ’n trourok gaan soek en dit is ’n regte foto wat nie verander is nie,” sê sy.
“Hou aan tot jy die probleem kan sien want ek het amper die foto weggegooi.”
Mense het die foto vergelyk met iets uit Black Mirror, maar dit is nie iets wat Charlie Brooker uitgedink het nie. Coates sê op Instagram sy het na ’n Apple-winkel gegaan en twee uur gewag om met ’n Apple Genius te praat om te probeer uitvind wat aangaan.
Lees ook: Weird Wide Web –Gebrande roosterbrood is sleg vir jou gesondheid
Sy sê sy het die foto vir almal gewys en almal was geskok. Die 20 mense wat in die winkel werk het almal saam gedrom om te kyk wat is die bohaai oor die foto.
Een van Apple Genius se werkers Roger het haar gerus gestel dat sy nie onwetend in ’n episode van Black Mirror is nie.
Lees ook: SPAR OFM Carols by Candlelight 2023
Sy bevinding was heel logies. Hy sê ’n iPhone is nie ’n kamera nie maar ’n rekenaar. Wanneer jy ’n foto neem, neem dit ’n reeks beelde baie vinnig af. “Dit neem ’n reeks beelde van links na regs en die presiese oomblik wat dit agter Coates se rug gekruis het, het sy haar arms vir ’n halwe sekonde opgelig. Dit het kunsmatige intelligensie gebruik om die twee foto’s aan mekaar te heg,” sê Roger. (Wenk: Kyk na haar hande in die foto.)