Offbeat
Weird Wide Web –Gebrande roosterbrood is sleg vir jou gesondheid─── 15:11 Tue, 07 Nov 2023

Gebrande roosterbrood bevat verbindings wat jou risiko kan verhoog om mettertyd kanker te kry.
Prof. Robert Thomas is 'n konsultant-onkoloog by die Bedford- en Addenbrookes-hospitaal in Brittanje en waarsku gebrande roosterbrood is nie goed vir jou gesondheid nie. Hy sê dit gaan nie dadelik jou dood veroorsaak nie maar te veel daarvan hou gesondheidrisiko’s in.
Om minder te drink, op te hou rook en jou roosterbrood vinniger uit die rooster te haal kan jou risiko verminder om kanker te kry, sê hy.
Verbrande roosterbrood bevat verbindings wat jou risiko kan verhoog om mettertyd kanker te kry. Hoe donkerder die roosterbrood hoe meer van hierdie verbindings is teenwoordig.
Lees ook: What's on the menu – Diepgebraaide papballetjies
Thomas het aan Daily Mail verduidelik: “Dit is omdat die rooster of bak van suikerryke kossoorte soos brood teen hoë temperature toksiese verbindings genaamd akrielamiede produseer. Dit kan op lang termyn druk op jou immuunstelsel plaas.”
Die goue reël bly maar om matigheid voor oë te hou. Dit bly belangrik sê hy om minder suiker te eet, minder te drink en minder rooivleis te eet. Thomas stel voor dat jy twee keer per dag jou tande borsel – iets wat ons in elk geval reeds moet doen. Meer as 60 studies wêreldwyd toon swak tandhigiëne kan met mond- en keelkanker verbind word.