On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Uri Geller: 'Ruimtewesens sal in vrede kom'

───   15:38 Mon, 21 Aug 2023

Weird Wide Web - Uri Geller: 'Ruimtewesens sal in vrede kom' | News Article
Uri Geller glo aliens sal oor 10 jaar hier wees. Fotokrediet: news.sky.com

Verlede maand het 'n voormalige Amerikaanse intelligensie-amptenaar onder eed verklaar dat die Pentagon in besit was van uitheemse tegnologie en 'niemenslike liggame'.

">’n Wetenskaplike van die Harvard-universiteit beweer dat hy bewyse gevind het van vreemde wesens in die Stille Oseaan buite die Manus-eiland, sowat 400 km van Papoea-Nieu-Guinee. Hy sê die meteoor wat in 2014 die aarde getref het,  kan dalk ’n ruimtetuig wees.


Dit is alles opwindend, maar mens wonder dadelik wat sal Uri Geller daarvan dink. Die kulkunstenaar en selfverklaarde sielkundige is bekend daarvoor dat hy lepels met die krag van sy verstand buig. Hy beweer al jare dat ruimtewesens gereed is om kontak met ons te maak en dat Nasa hom moet voorberei vir ’n massalanding. Hy het nou ’n aanduiding gegee wanneer ons die klein, groen mannetjies kan verwag. The Mirror berig hy verwag dat dit binne tien tot 20 jaar kan gebeur, maar hulle sal in vrede kom.

Lees ook: Oliewenhuis Art Museum invites pupils to learn through art

Geller sê hulle sal ons nie aanval nie en moontlik sal dit twee of drie spesies wees. Hulle is bekommerd oor hoe ons sake hanteer en wil vir ons ’n paar wenke kom gee. “Hulle is bekommerd dat ons net rooi knoppies gaan druk om kernbomme te laat ontplof. Die landing sal iets wees soos uit ’n rolprent van Steven Spielberg. Ek hoop hulle land op die Withuis se grasperk of die Eiffeltoring.”


Mens kan net wonder hoe die Amerikaanse regering gaan voorberei vir ’n VVV-landing.


Lees meer.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.