On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Eiers keer dat mense kwaad word

───   15:06 Tue, 01 Aug 2023

Weird Wide Web - Eiers keer dat mense kwaad word | News Article
’n Studie het bevind dat eiers help met woedebestuur. Kenmerkbeeldkrediet: medium.com

'n Nuwe studie het bevind dat die liggaam 'n verbinding in eiers gebruik om serotonien te vervaardig, die chemikalie wat mense gelukkig laat voel.

Kenners meen die aminosuur triptofaan in eiers is belangrik want in toetse is bevind dat dit aggressie in mans met 60% verminder het. Navorsers aan die Shahid Beheshti-universiteit in Iran het 168 mans van 35 tot 55 jaar bestudeer wat deur hul werkgewers vir aggressieberading verwys is.

Hul diëte is vergelyk met dié wat nie verwys is nie en die studie het tot die gevolgtrekking gekom dat diegene wat die meeste proteïen eet, minder geneig was om aggressie te toon.

Lees ook: What's on the menu - Aartappelgebak

Die eet van appels, lemoene, komkommers en tamaties help glo ook om 'n mens se humeur te beteuel. "Triptofaan is volop in eiers, en beïnvloed plasmavlakke van triptofaan en dus breinvlakke van serotonien. " 'n Dieet wat goeie gehalte proteïene, vrugte en groente bevat, kan jou moontlik teen aggressie beskerm."

Lees meer:  https://www.femalefirst.co.uk/bizarre/eggs-stop-people-getting-angry-1382878.html


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.