Offbeat
Weird Wide Web - GESOEK: 'Purr-fekte oppasser vir spesiale kat─── 16:10 Thu, 11 May 2023
![Weird Wide Web - GESOEK: 'Purr-fekte oppasser vir spesiale kat Weird Wide Web - GESOEK: 'Purr-fekte oppasser vir spesiale kat | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/9a076b9e-b58f-4043-93d5-d27d8bacf744.jpg?crop=0,90,360,292)
'n Ryk Australiese gesin is op soek na ’n voltydse oppasser om by hul huis in Sydney aan te sluit... om voltyds vir hul kat te sorg.
Volgens ladbible.com is ’n buitegewone advertensie op Seek geplaas.
“Moenie hierdie eenmalige geleentheid misloop om voltyds net op die versorging en liefde van een kat te fokus nie,” lui die advertensie. Katte kan behoeftige skelms wees, maar dit lyk na baie ophef vir een kat.
"Hierdie pos is beskikbaar in die oostelike voorstede en die persoon sal voltyds moet werk as die kat se oppasser en versorger. Daar sal van die persoon vereis word om voltyds in te woon en tuis te bly om na die geliefste en pragtigste kat in Australië om te sien. Jy sal jou eie kamer hê en al die geriewe in die pragtige huis is tot jou beskikki’ng. Die pos is vir ’n enkellopende wat nie ’n eie troeteldier het nie."
Lees ook: Weird Wide Web - Geheim van 500 pond se pasta
Die gesin van Double Bay sê hulle sal net ernstige kandidate oorweeg. Dit kan dalk ideaal wees vir iemand wat sukkel om blyplek in Sydney te kry. Solank die kandidaat dit kan hanteer om met een kat te kuier. Die gesin is baie ernstig en gaan nie sommer enigiemand aanstel nie.
Hulle is op soek na ’n persoon wat ervaring het in die versorging van katte. Liefde en begrip vir die kat se behoeftes is ook ’n voorvereiste. Gebruikers op sosiale media het behoorlik hieroor gegons.
Een gebruiker sê: "Dit is die werk wat ek wil hê." En, natuurlik, was daar ’n persoon wat probleme gehad het met die “purr-fekte” plasing. "Behels dit ’n slapie wanneer die kat dut? Ernstig, dit sou goedkoper gewees het om nog ’n kat te kry. Ek wonder hoekom hulle ’n kat het en nou iemand wil betaal om dit te versorg.”
Lees die volledige storie deur hier te klik