On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Geheim van 500 pond se pasta

───   15:10 Mon, 08 May 2023

Weird Wide Web - Geheim van 500 pond se pasta | News Article
Uitstalbeeldkrediet: https://stock.adobe.com/

Wat gemaak as jy 500 pond rou pasta amper op jou voorstoep kry? Dit is wat met die mense in ’n klein dorpie in die Amerikaanse deelstaat New Jersey gebeur het.

Inwoners van Old Bridge in die Middlesex-distrik in die Amerikaanse deelstaat New Jersey het meer as ’n pennie vir hul gedagtes nodig gehad – inteendeel hulle het sommer “penne” nodig gehad. Iemand het besluit om 500 pond pasta in die nabygeleë bos te stort.


Die styselagtige ontdekking is gemaak deur 'n inwoner wat daar naby gaan stap het.  Die stadsraadslid Nina Jochnowitz van wyk 6 is dadelik in kennis gestel.

Sy het ’n klomp foto’s geneem en dit op 28 April 2023 op Facebook geplaas.  “Die burgemeester bly wyk 6 ignoreer as ons kla. Dit is geen verrassing hoe baie konstruksiemateriaal en ander vullis hier gestort word nie,” sê Jochnowitz. "Hierdie week was daar ’n nuwe storting, PASTA."


Dit het gelei tot talle pasta-grappies.


“Dit was pasta se vervaldatum,” sê iemand op Reddit.
"Ons moet die oortreders na die staatspensioen stuur," skerts iemand anders.


Die verduideliking van die groot hoeveelheid pasta is egter ’n hartseer saak. Daar word vermoed die pasta is afkomstig van ’n nabygeleë huis wat te koop aangebied is nadat die eienaar dood is. Die man se seun het na bewering 'n groot voorraad kruideniersware wat verval het uit die huis gegooi.
.

"Ek voel regtig hy net probeer om sy ouerhuis op te ruim en die pasta is waarskynlik gekoop tydens die Covid-19-pandemie," het die man se buurman Keith Rost aan NBC gesê.

Lees ook: Weird Wide Web - Maan kan jou dié naweek bietjie pla

“Jy kan dalk sê: ‘Wie gee om vir pasta?’,” het Jochnowitz aan The Philadelphia Inquirer gesê. "Maar pasta het 'n pH-vlak wat die stroom daar naby kan beïnvloed.


“Die stroom moet skoon bly omdat dit in die dorp se watertoevoer invloei.”


’n Raadslid het in 'n e-pos aan TODAY.com gesê: "Op 28 April 2023 is foto's van pasta wat onwettig gestort is op verskeie Facebook-groepe geplaas."  Die sakeadministrateur van Old Bridge, Himanshu Shah, sê: “Hulle het die terrein besoek en dit lyk of daar 15 vragte gestort is.


"Ons skat dit was ’n hele paar honderd pond rou pasta wat uit die  verpakking verwyder is. Dit was nie lank daar nie maar die vog in die lug het die pasta sag gemaak, wat verduidelik hoekom die pasta gaar gelyk het.”

Lees meer hier: https://www.ladbible.com/community/pasta-dumped-new-jersey-threat-town-450380-20230507

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.