On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Carpenters se musiek het ‘mediese voordele’

───   15:19 Thu, 20 Apr 2023

Weird Wide Web - Carpenters se musiek het ‘mediese voordele’ | News Article
Uitstalbeeld: www.femalefirst.co.uk

Ian Palmer (71) van Brittanje was byna heeltemal verlam, en het spraakprobleme ontwikkel nadat Guillain-Barrè-sindroom in Junie 2022 by hom gediagnoseer is.

Palmer van Blackpool sê die luister na, en sing van die Carpenters se treffers soos We’ve Only Just Begun het hom gehelp om weer te kan loop en praat. Die Carpenters het bestaan uit Richard en sy suster, Karen, en hulle het van 1969 tot 1983 verskeie treffers gehad.

Palmer was sewe maande in die hospital, en baie skepties toe dokters musiekterapie voorgestel het.

Hy het aan The Daily Mirror gesê toe die dokters by die Sue Ryder Neurologiese Sentrum in Preston die eerste keer musiekterapie

voorgestel het, was sy reaksie: “Wat gaan dit help?”

Sy terapeut, Clare, het aan hom die proses verduidelik, en hom gevra om ’n lang noot te sing. “Ek het probeer, maar dit was baie staccato,” sê hy.

“Clare het vir my gevra om my diafragma te gebruik, en ek het nie eens geweet waar dit is nie. Sy het my egter geleer om reg asem te haal.

“Clare wou musiek gebruik, wat my kan laat ontspan. Die Carpenters was ’n goeie herinnering vanuit my jonger dae.”

Dit het ’n positiewe invloed op my lewe. My familie beweer selfs hulle kan my nou beter verstaan, sê Palmer.


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.